E-pos ons

FAQ

Mik, Streef, Vermag.

Mik, Streef, Vermag.

Mik. Streef. Vermag

Mik. Streef. Vermag

Hartlik welkom aan alle internasionale studente wat nuwelinge by die Universiteit van Pretoria is.

Die Afdeling Internasionale Studente sal verseker dat jou verbintenis met UP 'n positiewe ervaring is. Jy vertrek op 'n opwindende akademiese reis, en ons roem daarop dat ons vir al ons internasionale studente die “tuiste weg van die huis” is. Voorgraadse studente, uitruilstudente, buiteland studente en keuse studente kan te alle tye op ons ondersteuning staatmaak.

Suid-Afrika is 'n groot toeriste-aantreklikheid en beskik oor interessante monumente in byna elke provinsie. Die pragtige hoofstad van Suid-Afrika is die tuiste van die Universiteit van Pretoria. Met die bynaam Tuks, is hierdie nie slegs 'n universiteit vol pret en interessante mense van regoor die land nie, maar ook die tuiste van groot geleenthede en 'n plek waar duisende belangrike loopbane ontwikkel is.

Internasionale studente wat nagraadse grade in die pragtige Suid-Afrika wil verwerf moet verseker nie hierdie fantastiese leeromgewing in die intieme stad Pretoria miskyk nie. Kontak ons vir meer inligting

 

 


Vind meer uit

Deel hierdie blad