Email us
Werkswinkel oor Databestuursplanne vir Navorsers
21 Julie 2017

 

Weet u wat 'n Databestuursplan is? Kom sluit by ons aan vir 'n werkswinkel oor Databestuursplanne!

Befondsings-agentskappe vereis toenemend van navorsers om 'n Databestuursplan saam met befondingsaansoeke in te handig, maar navorsers weet dikwels nie waar om te begin nie. Om dit aan te spreek, het die Data Intensive Research Initiative of South Africa (DIRISA) 'n aanlyn-hulpmiddel ontwikkel, vir die skep van Databestuursplanne vir verskillende befondsings-agentskappe.

Hierdie werkswinkel is spesifiek gefokus op navorsers, maar enige ander belangstellendes is ook welkom. Die eerste deel van die werkswinkel bestaan uit 'n kort oorsig oor wat 'n Databestuursplan behels, en hoe dit lyk. Dit sal dan gevolg word deur 'n praktiese sessie op die SA DMP Tool.

Kom ervaar dit self!

 

Datum: Donderdag 10 Augustus 2017

Tyd: 08:30 -10:30

Koste: Gratis

Plek: Opleiding Kamer 1, Vlak 3, Merensky 2 Biblioteek

Aanbieders: Isak van der Walt en Johann van Wyk

Georganiseer deur: Departement Biblioteekdienste

RSVP asseblief elektronies 

 

 

- Outeur Departement Biblioteekdienste
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig