E-pos ons

FAQ
Het u onthou om u eksamenvraestel(le) aan die Departement Biblioteekdienste te stuur?
19 Mei 2017

 

Dosente word vriendelik daaraan herinner om 'n geldige depositokopie van elk van hul jongste eksamenvraestel(le) aan die Departement Biblioteekdienste te stuur.

Vorige eksamenvraestelle is in elektroniese formaat in die Biblioteek se katalogus beskikbaar.

Eksamenvraestelle moet asseblief so gou moontlik na die skryf van die eksamen in elektroniese formaat slegs Microsoft Word of Adobe Acrobat (PDF) aan [email protected] gestuur word. Harde kopieë word ongelukkig nie aanvaar nie.

Verskaf asseblief ook die volgende inligting saam met elke eksamenvraestel:

  • eksaminator se naam
  • volledige kursuskode, bv ZEN 600
  • departement se naam
  • eksamendatum, bv Junie 2016

Vir meer besonderhede, skakel 012 420 4804 of [email protected]

 

 

- Outeur Una Mgwenya
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig