E-pos ons

FAQ

Fotografie en die fototeek

Kommunikasie & Bemarking by UP ontvang jaarliks talle versoeke vir fotomateriaal oor die Universiteit van Pretoria, asook versoeke vir verfilming en fotografering op een van ons kampusse.
 
Elke versoek word deeglik oorweeg en daardie wat in lyn is met die Universiteit se missie en belange word goedgekeur.
 
Alle fotomateriaal wat gelewer word deur fotograwe wat die Universiteit kontrakteer, word deel van ons uitgebreide fotoargief en kan aan fakulteite en departemente van UP beskikbaar gestel word. 

Indien u fotomateriaal uit ons fototeek wil bekom, voltooi asseblief die vereiste vorm.

Deur die vorm te voltooi, stem u in dat:
  • die foto’s vir redaksionele en opvoedkundige doeleindes gebruik sal word;
  • u die foto’s nie in ’n argief sal plaas nie; en
  • toepaslikie krediet vir elke en iedere gebruik van die fotomateriaal gegee word.
Kontak:
Buyi Nkonyane
Tel: 012 420 3493
E-pos: [email protected]
 
Rolprentwerk en neem van foto’s op kampus:

Nuusmedia en handelsentiteite wat UP met die oog op die neem van foto’s of wil besoek, moet die verfilming op kampus-vorm voor die tyd voltooi.

Kontak:
Laurika Delport
Tel: 012 420 2965
E-pos: [email protected]

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Buyisiwe NkonyaneEdit