E-pos ons

FAQ

Publikasies

Die Publikasiespan is verantwoordelik vir ’n reeks institusionele publikasies wat help om die Universiteit en sy prestasies by beide interne en eksterne gehore te bevorder.

Die Publikasiespan is verantwoordelik vir die redigering en druk van ’n wye reeks publikasies, insluitende die Tukkie-tydskrif wat op oudstudente gemik is, en ook Tukkievaria, ’n nuusbrief vir personeel, die Jaaroorsig, die UP in ’n Neutedop, ’n korporatiewe brosjure, ’n aantal strooibiljette soos UP in Een Oogopslag en publikasies wat verband hou met belangrike geleenthede soos die Boekie oor Akademiese Presteerders, boekies vir die reeks Ekspertlesings, programme en ander drukwerk.

Om toegang te kry tot publikasies van die Universiteit, klik asseblief op die toepaslike skakel hier onder:
Ons span is verbind tot ’n vennootskap met u om publikasies te skep wat u aandeelhouers doelmatig betrek en inlig en om die Universiteit te bevorder as plek van uitnemendheid.

Ons ontwerpers en redakteurs sal nou met u saamwerk om uit te kom by die toepaslikste ontwerp, korrekte handelsmerk en die aanbieding van u boodskap en om die produksieproses te bestuur deur ten nouste saam met drukkers en ander verskaffers te werk.


Kontak:
Marissa Greeff
Publikasiebestuurder
Tel: 012 420 5193
E-pos: [email protected]

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Zamandina MthembuEdit