E-pos ons

FAQ

Mediakantoor

Die span van die Mediakantoor bestuur die Universiteit se interaksie met aanlyn-, druk- en die uitsaaimedia, asook spanne wat dokumentêre rolprente vervaardig. Ons hoofdoel is die bevordering van die uitnemendheid van UP-personeel en al ons programme en om joernaliste by te staan wat inligting oor die Universiteit en lede van die kampusgemeenskap soek.

Die Mediakantoor is verantwoordelik vir:
  • koördinering van reaksie op medianavrae en om die media te verwys na die toepaslike kundiges;
  • voorbereiding van mediaverklarings, reisplanne en mediakonferensies;
  • navorsing oor, skryf en verspreiding van mediaverklarings;
  • die bestuur van mediamonitering, insluitend ontleding van mediaprofiele met die verloop van tyd;
  • die bestuur van kwessies en krisiskommunikasie; en
  • opleding van mediasegsmense en akademici.
Ons het ’n sterk werksverhouding ontwikkel met lede van die gedrukte en uitsaaimedia en kan u help om met die pers te kommunikeer ten einde u nuus onder die aandag van ’n wyer gehoor te bring.

Kontak ons asseblief vir hulp met onderhoude, menings, nuusvrystellings en spesiale mediageleenthede gemik op die gedrukte, radio- en televisiemedia. Vra ook by ons raad oor wat u moet doen as ’n verslaggewer u bel of as u graag ’n werksessie oor media-opleiding wil bywoon.


Kontak: [email protected]

Of

Candice Jooste
Tel: 012 420 3023 or 083 212 0106
E-pos: [email protected]

Rikus Deport
Tel: 082 995 1554
E-pos: mailto:[email protected] or [email protected]

Isabel de Necker
Tel: 012 420 5184
E-pos: [email protected]


 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Buyisiwe NkonyaneEdit