E-pos ons

FAQ

Interne kommunikasie

Doelmatige interne kommunikasie is belangrik om personeel ingelig te hou oor nuus, aktiwiteite/projekte en ontwikkelings en om die Universiteit se doelwitte en waardes te deel. Die kantoor vir Interne Kommunikasie streef na tweerigting-kommunikasie met die personeel en handhaaf en hersien kommunikasiekanale oral op kampus.

Die Kommunikasiespan help ook met strategiese projekte en ander inisiatiewe deur die ontwikkeling en lewering van kommunikasie tussen lede van die Universiteit se gemeenskap.

Vir ons is die doel van interne kommunikasie drievoudig:
  • om werknemers, studente en oudstudente se kennis van die uitnemendheid van UP se mense en programme te vermeerder sodat hulle voorspraak vir die Universiteit kan lewer;
  • om toegang tot nuus en inligting wat nodig is vir doelmatige en effektiewe werk te verbeter; en
  • om werknemers, studente en oudstudente se lojaliteit teenoor die Universiteit te bevorder.

Die Universiteit gebruik ’n hele aantal interne kommunikasiemiddels om hierdie teikengehore te bereik, insluitende selfoonboodskappe aan studente, gedrukte en digitale nuusbriewe aan personeel, e-posse aan almal op kampus, kennisgewings en nuus via die personeel- en studentetoegangspoorte en kommunikasieplatforms soos elektroniese borde en plakkate.

Andersins moet u ons asseblief kontak indien u ’n beplande personeelprogram het waarmee ons kan help.

Kontak:
Jimmy Masombuka
Interne Kommunikasiespesialis
Tel: 012 420 4839
E-pos: [email protected]

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Buyisiwe NkonyaneEdit