E-pos ons

FAQ

Geleenthede, protokol en uitstallings

Geleenthede

Die Universiteit van Pretoria is jaarliks die gasheer van ’n aantal geleenthede en funksies op al die verskillende kampusse. Die span by Kommunikasie en Bemarking bestuur glansgeleenthede vir beide interne en eksterne aandeelhouers wat deur die Visekanselier en Rektor aangebied word.
 
Hierdie glansryke geleenthede met hulle sterk impak sluit in die jaarliks Verwelkomingsdag, die Opedag, Internasionale Studentedag, die Rektorskonsert, die opening van nuwe Universiteitsgeboue, lesings deur kundiges, veldtogte en personeelgeleenthede soos die Geselligheid vir Akademiese Presteerders en die Lentedagviering.
 
Protokol

Vooraanstaande nasionale en internasionale persoonlikhede, asook besoekers van ander universiteite, woon baie van die Universiteit se vertoongeleenthede by.
 

Die protokolspesialis verskaf bestuur en protokolvaardigheid aan lede van die UP-gemeenskap vir die hantering van hoëvlakbesoekers en -afvaardigings op die Universiteit se onderskeie kampusse.
 

Uitstallings


’n Verskeidenheid uitstallings- en bemarkingsbronne kan van die Uitstallingspan verkry word om fakulteitspersoneel te help met die beplanning van uitstallings. ’n Beperkte hoeveelheid baniere en ander bemarkingsmateriaal is beskikbaar vir alle geleenthede van die Universiteit en kan by die Departement bespreek word. Die Departement verskaf ook praktiese steun vir ’n aantal groter geleenthede, terwyl ons riglyne vir uitstallings u sal help om ’n probleemvrye en suksesvolle projek van stapel te laat loop.

 
Kontak: Universiteitsgeleenthede
Laverne Gardner
Senior Geleentheidsorganiseerder
Tel: 012 420 3516
E-pos: [email protected]
 
of
 
Lynette Smith
Geleentheidsorganiseerder
Tel: 012 420 2278
E-pos: [email protected]

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Zamandina MthembuEdit