E-pos ons

FAQ

Hoe om te skenk

U kan die Universiteit ondersteun deur nou of later ’n donasie te maak. Kies ’n donasieopsie wat u sak en behoeftes die beste sal pas.
 
Elektroniese oordrag van geld

Kontant, verkieslik by wyse van ’n tjek, is dikwels die maklikste manier om te skenk. U kan geld direk in die Universiteit se bankrekening deponeer.
 
Kontak Bevordering vir donateursverwysingsnommers en bankbesonderhede.
 
Dit spyt ons dat ons aanlyn-oordraggerief nog nie in werking is nie.
 
Soortgelyke korporatiewe skenkings

Geskenke van individue kan twee maal, of selfs drie maal, die verskil maak as werkgewers soortgelyke bedrae skenk.
 
Ons kan u raad gee oor die toepassing van so ’n skema.
 
Kontak Bevordering vir bystand.
 
Skenkings in goedere

Hierdie soort donasies sluit in:
  • vaste eiendom
  • onderrig-/leertoerusting
  • kunswerke
  • biblioteekmateriaal
  • argief- en museummateriaal
  • persoonlike gedenkwaardighede van akademiese belang
Vir meer inligting oor die riglyne en prosedures om in goedere te skenk, kontak Bevordering
 
Waarborge

Kontak Bevordering sodat ons middele kan ontwerp waardeur u u steun kan waarborg.

Kontak Linda van Wyk by 012 420 2977 of [email protected] vir meer inligting oor ons produkte en dienste. Ons sal, in oorleg met u finansiële en regsadviseur, u steun op die beste moontlike manier struktureer.


 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Buyisiwe NkonyaneEdit