|
Visie Die Universiteit
van Pretoria streef daarna om -
- 'n leier op die gebied van hoër
onderwys te wees en as sodanig internasionale
erkenning te geniet vir akademiese uitnemendheid
en ‘n fokus op kwaliteit
- ‘n universiteit te wees wat
deur voortgesette innovasie bekend is vir
sy internasionale mededingendheid en plaaslike
relevansie
- die voorkeurkeuse te wees vir studente,
personeel, werkgewers van graduandi asook
diegene wat navorsingsoplossings verlang
- ‘n universiteit met ‘n
inklusiewe en bemagtigende, waardegedrewe
organisasiekultuur te wees, wat ‘n intellektuele
tuiste bied aan Suid-Afrika se ryke diversiteit
van akademiese talent
- die voorste Suid-Afrikaanse universiteit
te wees wat sy prominente rol in Afrika erken,
daarna strewe om ‘n simbool van nasionale
aspirasie en hoop, versoening en trots te
wees wat daartoe verbind is om sy sosiale
verantwoordelikhede na te kom.
Missie
Die missie van die Universiteit van Pretoria
is om as 'n Suid-Afrikaanse opleidings- en navorsingsuniversiteit
en gewaardeerde lid van die wêreldwye
gemeenskap van akademiese instellings -
- uitnemende onderrig in 'n wye verskeidenheid
akademiese dissiplines te bied
- die wetenskap te bevorder deur
– kennis te skep, te bevorder, toe te
pas, oor te dra en te bewaar
– kritiese en onafhanklike denke aan
te moedig
- geleenthede vir buigsame, lewenslange
leer te skep
- akademies verantwoordbare en sosiaal
sinvolle navorsing te bevorder, met spesifieke
verwysing na opkomende ekonomieë
- studente te bemagtig om afgeronde,
skeppende asook verantwoordelike, produktiewe
burgers en toekomstige leiers te word deur
– uitnemende akademiese opleiding te
verskaf
– die ontwikkeling van hul leierskapvermoë
asook die verwesenliking van hul potensiaal
om wêreldklas, innoverende graduandi
met mededingende vaardighede te wees
– die belangrikheid van ‘n positiewe
waarderaamwerk by hulle te vestig
– hul vermoë te ontwikkel om by
die snelveranderende inligtingsera aan te
pas
– hulle aan te moedig om deel te neem
aan en te presteer in sport, kultuuraktiwiteite
en die kunste
- plaaslik relevant te wees deur
– die bevordering van gelykheid, toeganklikheid,
gelyke geleenthede, regstelling, transformasie
en diversiteit
– ‘n bydrae te lewer tot welvaart,
mededingendheid en lewenskwaliteit in Suid-Afrika
– te help om te voorsien in die opvoedkundige,
kulturele, ekonomiese, wetenskaplike, tegnologiese,
industriële, sosiale, gesondheids- en
omgewingsbehoeftes van die land
– aktief en konstruktief betrokke te
wees by gemeenskapsontwikkeling en -diens
– sensitief te wees vir die eise van
die tyd en ‘n proaktiewe bydrae te lewer
tot ‘n positiewe toekomsverwerkliking
- 'n intellektueel stimulerende en
kultureel dinamiese, aangename en veilige
omgewing te skep waarbinne studente en personeel
kan gedy
- benewens goeie korporatiewe beheer,
verbind te wees tot ‘n effektiewe, doeltreffende,
sorgsame en innoverende benadering tot onderrig,
navorsing en gemeenskapsdiens, kliëntgesentreerde
bestuur en administrasie.
|